DIE LEWENSGESKIEDENIS VAN ELMARIE. Deel 1

 

 

Sy was mooi. ‘n Moerse mooi nooi. Nansie Burger. Die manne het gekwyl oor haar. Haar bloue oë het die manne betower,  maar haar oog was op haar niggie se vryer. ‘n Hunk sonder weerga. Andries de Klerk. Toe hulle een aand op die dansbaan in mekaar se arms beland, was die koeël deur die kerk. Die manne het hul treurmares op skrif gestel en gepleit vir tweede kanse. Selfs gedreig met hardhandige verwydering van die ongewenste vreemdeling wat in hulle slaai kom krap het. Maar Hunk het hom nie laat afsit nie – sy sixpack en muscles vertoon en met meer drif na die meisie gevry. Eers te perd en later met ‘n ryding wat hy aangeskaf het om vir Nansie te beïndruk.

Die troue was ‘n grênd affêre. In die kerk op Theunissen het hulle trou aan mekaar beloof en toe plaas toe vir die partytjie. Die wynkarba’s is uitgehaal, die skaap op die spit gesit en daar is gedans. Doppers of de not!

Die eerste aand was minder romanties.  Op die sitkamervloer in ‘n huis vol mense. Die wag was die moeite werd, want die volgende aand het die maan verleidelik oor Sedgefield se see gewink terwyl die honeymoon paartjie in Whittlesea hotel hulle nuwe status gevier het.  Andries was ‘n akkurate skut. Die koeël het die teiken getref en nege maande en twintig dae later is ek gebore. Elizabeth Maria de Klerk. Vandaar sou die wêreld nooit weer dieselfde wees nie…. Word vervolg.

One thought on “DIE LEWENSGESKIEDENIS VAN ELMARIE. Deel 1

Leave a comment